donderdag 17 april 2008

Brief van onze dierenarts.

Beste Mev H Pentensa,

Eerstens wil ek u van harte bedank vir die geleentheid wat u ons gebied het om na Spikkel& Heiko om te sien toe u hom/haar na ons kliniek toe gebring het.
Vir ons hier by die 9 de laan Dierenkliniek is u troeteldier se welsyn ons vernaamste prioriteit en ons sal altyd beskikbaar wees om na hul gesondheid om te sien. Ons is trots op diens wat on lewer en indien daar by u die geringste twyfel oor u troeteldier se gesondheid bestaan of, indien u net inligting oor die regte voeding wil he, moet u nie huiwer om met ons in verbinding te tree nie.
Ons besef dat veeartsenydienste nie goedkoop is nie. Juis om hierdie rede verkies ons om op 'n kontantbasis te werk aangesien 'n veeartsrekening baie vinnig die hoogte in kan skiet. Ons moet egter in dieselfde asem se dat ons wel 'n rekeningstelsel het vir daardie onvoorsiene gebeurlikhede. Ons sal meer as behulpsaam wees indien 'n kliënt sy/haar rekening oor 'n tydperk wil afbetaal, maar dan moet reëlings vooraf met ons rekeningafdeling getref word.

'n Ernstige versoek: moet nooit u troeteldier se gesondheid verwaarloos weens 'n vrees vir die koste daaraan verbonde nie. Ons sal 'n plan beraam en sodoende steeds sorg dat u troeteldier die beste moontlijke behandeling kry.

Weereens hartlik welkom hier by ons en onthou dat u ons enige tyd kan skakel of besoek sou u troeteldier 'n probleem he.

Vriendelijke groete,
Dr. Charles Hayward(BVSc)